Twyfelfontein country Lodge | Temba Tuis | Bespreek    Twyfelfontein NamibiaAfrikaans
Temba Travel

Twyfelfontein Country Lodge

Noord opD3214, Khorixas, Namibie

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK>>


Twyfelfontein Country Lodge Algemeen

Twyfelfontein Country Lodge is in die oeroue Huab-vallei in die Kunene-streek van Namibië (voorheen bekend as Damaraland), geleë. Die area, wat die Twyfelfontein Uibasen Bewarea genoem word, het talle rots-grafeerwerk en rotsskilderye. Dit is ‘n stille getuienis van die eerste swerwer-jagter- en Khoikhoi-inwoners van 6000 jaar gelede, wat die area as ‘n plek van aanbidding en shamaanrituele gebruik het.

Om hierdie unieke gebied te bewaar, is Twyfelfontein in 2007 as Namibië se eerste UNESCO Wêrelderfenisterrein verklaar.

Die ontwikkelaars van die Twyfelfontein Country Lodge het natuurlike klip en dekgras gebruik en verfkleure gekies om by die rotse en Namibiese vlaktes te pas.

Twyfelfonteinrots formasiess

Swembad by Twyfelfontein

Die openbare areas by Twyfelfontein Country Lodge komplimenteer die uitstaande hotel.  Die sitkamer en kroeg is die beste plek van waar jy die bekende Namibiese sonsondergang kan geniet.  Net onder die kroeg is die swembad waar jy kan afkoel of een van die lekker cocktails geniet.  Twyfelfontein Country lodge is baie meer as net ’n hotel.  Dit is ’n plek waar jy in kontak kom met duisende jare se geskiedenis terwyl jy jou eie batterye laai en moed skep vir die besige lewe.

 

Rots bome

wyn by Twyfelfontein

Die Ligging

Twyfelfontein Country Lodge is omtrent 100 km vanaf Khorixas en kan via lug of pad bereik word. Reis met die C39 langs, draai af by D2612, sluit aan by D3254).  .

S20.34 E14.22.

Ons etes

Twyfelfontein Country Lodge het bekendheid verwerf vir hul uitstaande etes. Terwyl die meeste hotelle besig is tydens aandete is Twyfelfontein ook besonder besig tydens middagetes.  Besoekers van ander lodges hoor dikwels van hul uitstaande middagetes en besoek die lodge vir middagete.  Ander stop daar onderweg van die kus na die binneland.  As jy middagete by Twyfelfontein wil geniet, beter jy ’n tafel bespreek.

Daar is volop keuse vir aandete.  Jy kan iets van die à la carte spyskaart bestel of weglê aan die bekende buffet.  Twyfelfontein Country Lodge se buffet is regtig goed met ’n groot keuse inheemse asook internasionale geregte.

Ontbyt is so goed soos wat dit kan kom.  Daar is altyd ’n enorme verskeidenheid.  Besoekers staan dikwels verstom dat dit moontlik is om so ’n groot verskeidenheid vars produkte daagliks op so ’n afgeleë plek te verskaf.

Etes by Twyfelfontein Country Lodge
Etes by Twyfelfontein

Akkommodasie

Gaste akkommodasie by Twyfelfontein bestaan uit 56 kamers , elkeen met hul eie badkamer.  Die kamers is ruim, skoon en het alle basies fasiliteite.  All kamers het ’n pragtige uitsig oor die vlaktes of die berge.  Die meeste het ’n balkon van waar jy die gereelde besoeke van die woestyn olifante kan bewonder.

Daar is kamers met twee  enkelbeddens, dubbelkamers en kamers met drie beddens.

.

Twyfelfontein driebed kamer

Twyfelfontein Tdubbel kamer

Suite

Vir wittebrood paartjies of dalk ’n besoekende koninklike wag daar ’n groot verrassing by Twyfelfontein Country Lodge.  Die afgesonderde suite is luuks en bied alles vir ’n romantiese tyd.   Om maan net iets te noem, dit het sy eie privaat bar en swembad.  Die swembad is diskreet weggesteek tussen die rotse.  Daar is dus geen nuuskierige oë wat jou sal kan dophou nie

Twyfelfontein Suite

Twyfelfontein Suite

Twyfelfontein bathroom

Palmwag Room

Aktiwiteite

Twyfelfontein Country Lodge maak voorsiening vir etlike aktiwiteite.

Gaste kan langs ‘n sprankelende swembad ontspan. Diegene wat meer energiek is, kan die area op ‘n fiets verken, of op begeleide natuurstaptogte en –safaris gaan. Plantliefhebbers sal baie Namibiese plantspesies hier kan sien, soos byvoorbeeld die unieke Welwitschia. Dierspesies in die streek is by die Namibiese woestynklimaat aangepas, en sluit olifante, renosters en kameelperde in.

Skouspelagtige rotsformasies is oorblyfsels van vulkaniese aktiwiteit en geologiese gebeurtenisse in die prehistoriese era. Diegene wat in geologie belangstel, sal ongetwyfeld na die Orrelpype, Brandberg, Doros-krater en Versteende Woud wil gaan kyk – alles rotsformasies wat uniek aan Namibië is en in die omgewing van die Twyfelfontein Country Lodge voorkom.

Wildrit by Twyfelfontein
Versteende woud en orrelpype

 

Ander plekke wat ons aanbeveel.

Vanaf Twyfelfontein na die Etosha nasionale Park is slegs 'n halfdag se ry. Die bekendste akkommodasie is die luukse Okaukuejo Ruskamp met sy verligte watergat wat veral snags druk besoek word.

Twyfelfontein Country Lodge in die Kunene disrik van Namibië beveel graag 'n aantal lodges in Botswana en Zimbabwe aan. Mowana Safari Lodge in Kasane en by die Chobe wild reservaat is een so 'n lodge. Die belangrikste bestemming in Botswana bly die Okavango Delta en Island Safari Lodge is die perfekte plek vanwaar jy jou safari kan laat vertrek.

In Zimbabwe beveel ons aan dat jy een van die twee eilande in die Karibadam naamlik Fothergill Island of Spurwing Island besoek.

Twyfelfontein beveel ook sterk aan dat jy Ilala Lodge by Victoria Falls besoek. Daarna kan jy gerus Troutbeck Inn naby Nyanga in die Oostelike Hooglande oorweeg.